VF+ Logo Pmb City Hall

VryheidsFront Plus - Kwazulu-Natal

Pietermaritzburg

English Inleiding Nuusgebeure Videos Artikels Afrikaner-Selfbeskikking. VF+ Webwerf en Facebook

Oor Selfbeskikking - met Oom Jan.

Ontleding van VF+ Verkiesings-resultate.

'n Ontleding deur Mnr. Cor Ehlers - voorsitter van OASE - oor die VF+ resultate van die pas afgelope nasionale verkiesing:-

"Van die nagenoeg 415 000 stemme wat VF Plus in die pas afgelope verkiesing gekry het,
is net ongeveer 90 000 afkomstig uit die 3 Kaapse provinsies,
met slegs ongeveer 13 500 uit die Noord-Kaap waar Orania geleë is.

Nagenoeg 325 000 stemgeregtigdes - hoofsaaklik Afrikaners - waarvan meer as 250 000 in 'n gebied woon wat aaneenlopend afgebaken kan word (hoofsaaklik die sentrale, noordelike en oostelike Vrystaat, Noord-Natal, die oostelike Hoëveld van Mpumalanga, Pretoria, Centurion en ander stemdistrikte van Gauteng asook Noord-Wes), het duidelik vír selfbeskikking gestem.

Bogemelde gebied is min of meer so groot soos Oostenryk en beslaan minder as 12% van SA se totale grondoppervlakte.
Dit is die gebied waar Afrikaners al vir geslagte lank gevestig is, waar meer as 50% van alle Afrikaners (nagenoeg 1,5 miljoen) huidiglik woon en 'n etniese meerderheid vorm, waar hulle die wettige eienaars van waarskynlik meer as 80% van die grondgebied is, en waar hul in hul geskiedenis soewereiniteit geniet het.

Dis nóú die tyd om druk uit te oefen op VF Plus om te begin onderhandel vir 'n 10de provinsie waar Afrikaners territoriale selfbeskikking kan uitoefen op basis van demokratiese geregtigheid - binne die raamwerk van SA se Grondwet (Art. 235) en internasionale reg.
Stuur asseblief aan vir mede-Afrikaners."
Cor Ehlers. OASE

---------------------------------------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán..... want ons ís:-

VF+ Logo VF+ Logo VF+ Logo

VryheidsFront Plus.

(Opgestel deur Jan Mastenbroek)

---------------------------------------------------------------------------

AFRIKANER-SELFBESKIKING. (advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie"

deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán!!!

VF+ Logo

VryheidsFront Plus - Pietermaritzburg.

---------------------------------------------