VF+ Logo Pmb City Hall

VryheidsFront Plus - Kwazulu-Natal

Pietermaritzburg

English Inleiding Nuusgebeure Videos Artikels Afrikaner-Selfbeskikking. VF+ Webwerf en Facebook

Afrikaner-Selfbeskikking.

deur: Jan Mastenbroek

Om onsself te Regeer!

Kortliks: Selfbeskikking;
Wat onafhanklikheid en soewereiniteit beteken.
Ons praat oor die Regsbeginsels van selfbeskikking,
en waar ons vandaan kom,
watter mense was die voorgeslag van Afrikaners.
Ons praat oor ons suksesse in die verlede,
En praat waarom ons in ons eie provinsie wil leef.
En wat ons van die VF+ verwag...

Goeienaand,

Ek's by die Van Rensburg's om oor selfbeskikking te gesels.

Weet julle, om net na die wrede besonderhede van plaasmoorde te kyk,
of die ellende te sien van armoede sonder uitsig op 'n job,
dan is dit nie so moeilik om te beweer dat
"Multikulti"
net onderdrukking en oorheersing vir Afrikaners beteken.
En as daar óók bykom dat om in die Reënboog-paradys te leef,
onteiening beteken van jou plaas of dit wat vir jou van waarde is,
waar selfs erfreg niks anders is as om politieke punte aan te teken...

Dan kry "Onafhanklikheid", "Selfbeskikking" of "Gebieds-Soewereiniteit"
skielik 'n heel aantreklike kleur, of eintlik raak dit woorde van noodsaaklikheid
en die enigste vorm van "oorlewing" vir Afrikaners...
want dit beteken iets spesiaal:

Om op Eie Grond Onafhanklik Onsself weer te Regeer!

LUISTER Piet, en jy natuurlik ook Petra,
daar ís Grondwetlike en Internasionale Regsbeginsels waarmee
Afrikaners kwalifiseer vir Selfbeskikking en Oorlewing, soos:-
* Geskiedkundige bande oor 'n gebied;
* Bewysbare Afrikaner-meerderheid daarin;
* Onderhandelings met die staat...
sonder om enigsins te bedel
;
* En sekerlik één soewerein-selfstandige land
wat erkenning sal verleen.

Hierdie Regsbeginsels en vereistes word bespreek in die boek
"'n Heimat vir Afrikaners: Die Tiende Provinsie",
geskryf deur Cor Ehlers,
een van ons voorste navorsers en kenners van Afrikaner-Selfbeskikking.

Ek kan julle werklik aanbeveel om dit af te laai, dit is uitstekend.
sommer nou hier, en dis verniet.

MAAR Piet, as ek so na die armoede en werkloosheid van my volk kyk,
en ek sien my volksgenote dáár op die hoek van die straat,
en ek dink aan die honderde plakkerskampe en agterplaashuisies
en aan die vele oudstes wat ook maar sit en wag,
soms in totale onversorging....
dan bloei my hart...
en dankbaar dink ek:- "but for the Grace of God ....".

Maar waar kom my eens-trotse-Afrikanervolk dan vandaan...
wat is sy agtergrond - hoe lyk sy DNA?

¶ Ons Europese voorvaders het jare geveg vir hul vryheid (80-jarige oorlog, Napoleon);
¶ en ook vir hul geloofsvryheid (Luther en Calvyn);
¶ was avonturiers wat oseane getem het (Jan van Riebeeck);
¶ waar mense vir hul geloof alles gelos het om in 'n wilde Afrika te vestig (Hugenote);
¶ wat deur die jare versterk is met duisende Hollanders, Duitsers, Engelse ensomeer;
¶ en 'n woeste land oorwen het met bloed, sweet, trane en volharding in geloof.

¶ Vegters wat 'n oorlog teen die magtigste nasie op aarde gewen het;
¶ maar ook verloor het vanweë verskroeide aarde...
¶ en families wat wreed in kampe omgekom het;

Wat soos wenners na 40 jaar opgestaan het,
¶ die verskroeide aarde letterlik omgekeer het,
¶ wat in 1948 en 1961 die juk van Engelse oorheersing afgeskud het;
Wenners wat die volgende 40 jaar 'n oorweldigende ekonomiese en militêre suksesstorie vir Suid Afrika bewerkstellig het;

Wat die sterkste weermag gebou het in Afrika, met Ratels, Rooivalk en... en...;
¶ Selfs in geheim sy eie atoombom ontwikkel het...;
¶ Landelike strukture uitgebou met groot stede en damme, pragtige paaie, spoorweg en skole, hospitale en universiteite ontwikkel het wat met die beste ter wêreld kon meeding;
¶ Wat 'n oorlog op sy grense gevoer en tog sy Christelike waardes behou het.

Petra, dis wat Afrikaners vandag is - niks meer of minder nie -
dit is deur hierdie jare waar ons eietydse kultuur uitgegroei het,
ons taal, ons geloof in Christus sy krag gevind het,
waar ons trots mag staan voor God en mens,
want dis ONS wat die mooiste land gebou en ontwikkel het....
onder Sy Almagtige Leiding ...

En dít, Piet my vriend, kan ons énige tyd wéér doen!!

En glo my:- daar is niks wat "hulle" só benoud maak as om te sién
dat Afrikaners wéér begin saamstaan - soos nou -
om homsélf te wil regeer!!

Maar dit is óók die land wat ongenadig verwaarloos en vernietig word,
waar die meerderheid beheer voer,
maar die wil en vermoë eenvoudig nie het
om dit, wat op 'n skinkbord aangebied was,
na behore te onderhou of verder uit te bou nie...

Kyk gerus Noord van ons land, vriende, en sien tog die ellende en armoede van Afrika ....
en wonder hoe lank nog voor dieselfde lot óns mooiste land gaan tref,

en los tog maar die liberale verskonings,
want die lande waar nooit koloniale oorheersing was
is ewe sleg of nog erger daaraan toe....

Dáárom is dit nóu die tyd
om vir "hulle" te laat weet dat ons na 25 jaar
genoeg gehad het van Regstellende aksie
en sulke rassistiese wetgewing.
Veral om as tweedeklas burgers behandel te word
in ons eie geboorteland
.

Ons wil in eie provinsie onder eie mense met dieselfde kultuur en gewoontes woon,
sonder vrees ons kinders in eie taal grootmaak onder beskerming van eie mense!
Dit is volgens Suid Afrikaanse en Internasionale Regsbeginsels ons reg!

Dit is waarvoor ons gestem het, Piet, Petra.
415,000 stemme het vandag die VF+ die erkende Afrikanerleier gemaak!
En ons verlang van die VF+ om die leiding te neem,
om saam weer 'n Vaderland te skep...
om veilig te woon, sonder marteling of moord,
om ons kinders veilig groot te maak,
ons God te aanbid,
om te groei en te ontwikkel na die juweel van Afrika!
dis niks anders as ons duurgekoopte reg!!

Gebruik gerus die E-posvorm as u 'n vraag het,
of as u 'n op- of aanmerking wil maak.
Vrae sal in 'n Vraag en Antwoord blad opgeneem word.
U Skuilnaam word gebruik as 'n skuilnaam ingevoer is.
Ons wil baie graag weet in watter gebied u woon.










---------------------------------------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán..... want ons ís:-

VF+ Logo VF+ Logo VF+ Logo

VryheidsFront Plus.

opgestel deur:- Jan Mastenbroek.

---------------------------------------------------------------------------

Onderwerpe oor:-

(Groen onderwerp - klik 1x, Blou onderwerp - klik 2x. Sluit:- klik wéér)

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie"

deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán!!!

VF+ Logo

VryheidsFront Plus - Pietermaritzburg.

---------------------------------------------