VF+ Logo Pmb City Hall

VryheidsFront Plus - Kwazulu-Natal

Pietermaritzburg

English Inleiding Nuusgebeure Videos Artikels Afrikaner-Selfbeskikking. VF+ Webwerf en Facebook

Afrikaner-Selfbeskikking.

deur: Jan Mastenbroek

Die énigste vorm van Afrikaner-oorlewing!

Kortliks: Dit gaan oor selfbeskikking -
en niks anders nie!
As jy dink dat Selfbeskikking onmoontlik is,
is dit omdat jy die feite nie ken nie...
Want selfbeskikking is bewysbaar moontlik
vir 'n gebied omtrent so groot soos Oostenryk.
Waar reeds 1.5 miljoen (50%) Afrikaners woon en werk,
en nog 'n half miljoen in die direkte omgewing bly.
En waar 'n kwart miljoen vir die VF+ gestem het...

Goeiemiddag,

Ek is by Johan van der Merwe en sy vroutjie,
om oor selfbeskikking te gesels.
My seun is ook Johan. Harregat, hoor! Nes sy Pa!
Hy's regtig 'n oulike seun. Altyd vriendelik, altyd behulpsaam.

Maar as ek met hom oor selfbeskikking praat weet hy presies hoekom dit nooit sal gebeur nie.
"Sal nie toegelaat word nie".
"Ons is te min".
"Die oormag is te groot".
Of sommer net reguit "dis klaar met ons".
"kan nie saamstaan nie".
Klink bekend nê?
Ek hoor dit óór en óór...

Maar dis omdat hy nie weet waarvan hy praat nie, Johan!
Hy't hier en daar iets oor die onderwerp gelees,
gewoonlik uit die koerante...
altyd ewig negatief!
En hy's reg, die regering wil niks weet nie....
want dan's die melkkoeie weg!!

Maar 'n feit is dat ons swaarkry om te oorleef.
Ek bedoel as volk, Johanna .... as Afrikaners.
Dink net aan die duisendes wat volgens wet nie mag werk...
selfs baie wat opgehou soek het...
omdat sy vel wit is,
maar veral omdat hy Afrikaans praat.

Of kyk maar hoe ons getalle kleiner word.
Kleiner gesinne - families ver-Engels - gaan werk oorsee - plaasmoorde - armoede.
As dit so aangaan sal daar binnekort net Afrikanergroepe in groot stede wees soos
Pretoria, Krugersdorp, Bloemfontein of Bethlehem!
Of een van die 30 dorpe wat Solidariteit geïndentifiseer het,
waar 67% van die Afrikanervolk sal woon,
en 95% binne 2-uur ry-afstand sal wees...

En intussen word leuens, fopnuus en breinspoeling gebruik
om ons ónkundig, in ontkénning, passief en veral "rustig" te hou.
Glo jy my nie?
Gaan kyk bietjie die Afrikaanse nuus op 2 -
en vergelyk dit met wat opgedis word op 3.
Pure opruiery en opstokery, Johan, oor en oor!

Wat dink julle van die liberale pers wat so knaënd aanmekaar
beweer dat dit onmoontlik vir Afrikaners is om Selfbeskikking te verkry!
Hierdie absolute leuens, saam met negatiewe gedagtes,
is dodelik vir Afrikaner-moraal.

En dis werklik onnodig, Johan, want Selfbeskikking kán gebeur,
ek kan dit bewys!
Dis só belangrik dat ons die feite kén en verstáán,
anders glo niemand dit, soos my Johan.
Want soos dinge nou staan is Selfbeskikking
ons énigste manier
om te oorleef.

Maar dan sal ons dít moet onthou
wat deur ons voorgeslag uitgeleef is,
dat Geloof en vertroue in 'n Almagtige God onontbeerlik is.
Dat Hy die omstandighede waarin ons vandag leef ken,
en genadiglik kan gebruik om ons op Sy Pad en volgens Sy Wil te lei
na 'n veilige vreedsame toekoms.

Maar dan moet ons besef, Johan, dat óm te oorleef,
ons eerstens hande moet vat in gebéd,
en dat ons die wil om onsself te regeer wéér sal moet aankweek,
dat ons sal moet wéét dat Selfbeskikking 'n wérklike oplossing is
en absoluut werd is om te verkry en te behou.

Ek sê weer: ons moet dringend bewus raak van die feite oor selfbeskikking.
Eerstens moet ons weet dat daar verskillende vorme van selfbeskikking is.
en tweedens dat daar geen twyfel bestaan dat selfbeskikking die enigste manier is
om in eie gebied, met eie taal, eie geloof en kultuur te kán oorleef.
Dat om dit te bereik ons dalk ook aan 'n Tiende (Afrikaner) Provinsie moet dink.
Vir verskeie redes....

Maar dink dan óók daaraan, Johan,
dat die bloed, sweet en trane van ons voorgeslag,
en ook die bloed wat vandag nog steeds so vryelik vloei,
nie verniet was of is nie;
dat wat ons nou beleef óók in Afrikaner-geskiedenis opgeneem sal word;
dat ons die rég het om soos ons voorouers die juk áf te skud;
om tróts weer op éie bodem onssélf te regeer!

ai, dink net... Eie Grond... Eie Volk... Eie Kultuur... Eie Taal !!!

Oja, voor ek vergeet... het ek julle vertel van die boek van Cor Ehlers:
"'n Heimat vir Afrikaners: die Tiende Provinsie"?
Uitstekend!
Cor is een van ons bekendste navorsers oor Afrikaner Selfbeskikking,
daarom is sy boek 'n absolute bron van broodnodige kennis.
Laai dit sommer nou hier af.
Baie beslis die moeite werd om te lees.

Gebruik gerus die E-posvorm as u 'n vraag het,
of as u 'n op- of aanmerking wil maak.
Vrae sal in 'n Vraag en Antwoord blad opgeneeem word.
U Skuilnaam word gebruik as u 'n skuilnaam ingevoer het.
Ons wil baie graag weet in watter gebied u woon.










---------------------------------------------------------------------------

Waar staan JY vandag, Johan? Johanna?
waar sien jy JULLE toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán..... want ons ís:-

VF+ Logo VF+ Logo VF+ Logo

VryheidsFront Plus.

opgestel deur:- Oom Jan Mastenbroek.

---------------------------------------------------------------------------

Onderwerpe oor:-

(Groen onderwerp - klik 1x, Blou onderwerp - klik 2x. Sluit:- klik wéér)

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie"

deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán!!!

VF+ Logo

VryheidsFront Plus - Pietermaritzburg.

---------------------------------------------