VF+ Logo Pmb City Hall

VryheidsFront Plus - Kwazulu-Natal

Pietermaritzburg

English Inleiding Nuusgebeure Videos Artikels Afrikaner-Selfbeskikking. VF+ Webwerf en Facebook

Inleiding

Kortliks: Die webblad is bedoel
om kontak te bou en te behou tussen VF+ lede.
En om te reageer op gebeure in ons kontrei.
Ons besef die bedreiging aan volk, taal, kultuur,
en die werklike noodsaak van Selfbeskikking.
Ons weet hoe en waar selfbeskikking bereik kan word,
sonder enige duimsuigery...

---------------------------------------------------------------------------

Goeiemiddag,

Piet van Rooyen vra my vanoggend eintlik 'n goeie vraag ....

Waarom nóg 'n Webblad?
daar is mos 'n webblad vir Hoofkantoor,
en ook 'n Facebookblad waar ons met almal en ons leiers kan praat?

ja, dis waar en jy's reg Piet, maar.....
daar's eintlik bedroef weinig kontak-geleenthede vir lede ondermekaar.
Of kontak met belangstellendes. Of selfs met ons leiers.

Hoofkantoor se web- en Facebook-blaaie is pragtig vir landswye- en algemene nuus.
Maar dis tog ook belangrik dat daar binne streke of dorpe met mekaar gepraat word?
Of om 'n braaitjie te organiseer...
of 'n gesellige pannekoek middag,
en beslis ook om op gebeure in ons kontrei te reageer.
Maar veral om perspektief te bewaar...
Afrikanerperspektief!

Die toesprake van Dr Pieter in die Parlement is natuurlik iets om trots op te wees.
Veral as hy, om dit in Engels te sê, 'n "spade" sommer 'n "spade" noem...
Ek sien Adv. Alberts begin nou ook met dieselfde taktiek...
dis wonderlik want ons was vir 25 jaar maar baie stil...
seker hoekom ons so min stemme getrek het...

Maar voel jy ook nie dat daar iets meer behoort te wees nie?
iets soos in persoonlike kontak...
Dr Pieter en sy span kan mos nie ooral wees nie...

Dis reg, en sien jy nou die bedoeling van hierdie blad?
Om op grondvlak te praat - verduidelikings gee, vrae beantwoord.
Selfs vir mense wat vir die VF+ gestem het en tog nog vrae het.
En nie net vir die Pmb gebied, maar ook ander dele van Natal.
Plekke waar Dr Pieter nie so maklik kan bykom nie....
maar ons wel!

Dit gaan hier nie net om 'n geselsie, maar veral om vrae te beantwoord.
Want vrae gaan daar wees... baie!
Selfbeskikking en Internasionale Reg wil eintlik so half bestudeer word,
juis omdat ons so min daaroor weet....
En dis waar die VF+ ons kan lei - ook op hierdie blad.
Hulle is die regte organisasie met die regte mense!
Veral vandag.

Daarby kom ook nog,
dat hoe meer mense ingeskryf is as lede, hoe sterker staan die VF+,
daar moet met die regering onderhandel word vir verandering.
Selfs om "hulle" vreesloos aan te pak as dit moet...
Want veranderings moet gemaak word...
Ons kán tog nie verder só aangaan nie.

Stem jy saam dat Afrikaners se voortbestaan bedreig word?
Selfs die President ontken Bloedrivier
en noem die bloeddorstige plaasmoorde gewóne misdaad!

Ons Volk, ons Taal, ons Kultuur, selfs ons geloof word aangeval.
Die "Mercury" noem dat Goeie Vrydag en Kersfees dalk geskraap gaan word.
Dis mos 'n direkte aanslag op ons Christelike geloof.
Dit gebeur in Europa ook - ons stámlande word netso bedreig.

Dit oortuig my dat "Afrikaner-Selfbeskikking" dringend raak,
en natuurlik om te weet hoe dit bereik kan word.
Ons moet tog ondermekaar daaroor kan praat...
sonder om duime te suig!
nè?

VryheidsFront Plus Pietermaritzburg wil graag 'n voorbeeld gee.
Ons hoop dat dit deur alle takke nagevolg gaan word.
Facebook en WhatsApp kan mooi hierby inpas...

En aangesien 60% webwerwe deesdae op tablette of slimfone gelees word,
het ons dit só ontwerp dat ook in hierdie behoefte voorsien word.

Oja, voor ek vergeet... het jy die advertensie gesien van Cor Ehlers se boek:
"'n Heimat vir Afrikaners: die Tiende Provinsie"?
Uitstekend!
Werklik bedoel vir dié wat Afrikaner-Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien,
maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.
Beslis die moeite werd om te lees, hoor,
dit kan verniet hier afgelaai word.

Gebruik gerus die E-posvorm as u 'n vraag het,
of as u 'n op- of aanmerking wil maak.
Vrae sal in 'n Vraag en Antwoord blad opgeneem word.
U Skuilnaam word gebruik as 'n skuilnaam ingevoer is.
Ons wil baie graag weet in watter gebied u woon.










En dankie vir jou tyd om dit alles te lees,
dis belangrike sake, jy weet...
Lekker dag vir jou!!
Oom Jan.

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán..... want ons ís:-

VF+ Logo VF+ Logo VF+ Logo

VryheidsFront Plus - Pietermaritzburg.

Voorsitter: JP Mulder - jpm@vryheidsfrontpmb.co.za
Onder-voorsitter: Jan Mastenbroek - jan@janmas.co.za
Sekretaresse: Pam Mulder - pam@vryheidsfrontpmb.co.za

(Webmeester: Jan Mastenbroek)

--------------------------------------------------------------------------

AFRIKANER-SELFBESKIKING.
(advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie"

deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------