VF+ Logo Pmb City Hall

VryheidsFront Plus - Kwazulu-Natal

Pietermaritzburg

English Inleiding Nuusgebeure Videos Artikels Selfbeskikking! VF+ Webwerf en Facebook

Nuusgebeure

Goeie nuus.

Die Pietermaritzburg tak van die VF+ is gestig.
Voorsitter: Mnr JP Mulder,
Ondervoorsitter: Mnr Jan Mastenbroek,
Selretaresse: Mev Pam Mulder.

Die webwerf is bedoel om kontak te hou tussen VF+ lede en nie-lede.
Bietjie gesels, gebeure te bespreek wat ons raak en natuurlik om perspektief te bewaar.
Afrikanerperspektief natuurlik, en om te praat oor Selfbeskikking...
om bewustheid daaroor op te skerp,
die noodsaak daarvan in te sien,
en om kennis daaroor te versprei.

Want vriende, dit wat ons oor Selfbeskikking weet is eintlik maar skraal.
Fopnuus, leuens, breinspoeling en doodgewone duimsuigery is volop,
terwyl daar waardevolle en akkurate informasie beskikbaar is...
wat bekend gemaak moet word.

Die verkiesing is agter die rug.
Die VryheidsFront Plus se groen golf het as 'n Tsunami deur die Afrikanervolk gespoel.
Ons het wondelik gevaar.

Nou moet daar volstoom gewerk word om deel te neem aan die 2021 Munisipale verkiesings.
Veral hier in die agtergeblewe Engelssprekende Natal.
Daar is veel om te doen:
inspraak in Munisipale sake is 'n noodsaaklikheid,
dus moet in elke munisipaliteit Afrikanerstemme gehoor word.
Ons volks- en kultuurgenote is nie meer tevrede met die huidige stand van sake nie.
Ons wil werk...
en as "hulle" nie wil saamwerk nie,
dan vir onsself - selfs in eie gebied.

Gebruik gerus die E-posvorm as u aktief wil deelneem,
of as u dalk 'n voorstel of twee wil maak.
Vrae sal in 'n Vraag en Antwoord blad opgeneem word.
U Skuilnaam word gebruik as 'n skuilnaam ingevoer is.
Ons wil baie graag weet in watter gebied u woon.










---------------------------------------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán..... want ons ís:-

VF+ Logo VF+ Logo VF+ Logo

VryheidsFront Plus.

opgestel deur:- Oom Jan Mastenbroek.

---------------------------------------------

AFRIKANER-SELFBESKIKING. (advertensie)

Die haalbaarheid en volhoubaarheid van selfbeskikking vir 'n volk op onafhanklike grondgebied is op uiters kundige wyse nagevors en gepubliseer.

Hierdie nuwe boek oor Afrikaner-Selfbeskikking word werklik aanbeveel vir dié wat Selfbeskikking as 'n noodsaaklikheid sien maar nie eintlik op hoogte is van die SA-Grondwet of Internasionale Regsvereistes nie.

Afrikaner-heimat:- die Tiende Provinsie"

deur Cor Ehlers.

---------------------------------------------

Waar staan JY vandag, vriend? vriendin?
waar sien jy JOU toekoms?
en jou kinders s'n??

Kom sluit aan, Volksgenote!

Ons mág..... Ons kán..... Ons gáán!!!

VF+ Logo

VryheidsFront Plus - Pietermaritzburg.

---------------------------------------------