VF+ Logo Pmb City Hall

Familie Mastenbroek

Nederland - Zuid Afrika

Haarlem Hengelo Hengelo-2 Heerenveen ..... .....
Hollands Afrikaans English

HAARLEM - NEDERLAND

Dit is die verhaal van
Jan Hendrik Mastenbroek,
geb 14 Mei 1907 in Heerhugowaard,
Nederland

en

Jacoba Johanna Kroon,
geb 4 Julie 1900 in Haarlem,
Nederland

Getroud op:
21 Des. 1936
Haarlem, Nederland

en hulle vier seuns:

Jan : 25.09.'37
Theo:18.11.'38
Rudi:06.02.'40
Frits:15.01.'43.

Klik op 'n klein fototjie of gebruik
die roooi pijlties vir die volgende foto.

Dit was nie 'n maklike tyd om te trou nie.
Hitler was besig om sy oorlogsmasjien op te bou, Jode word vervolg en vermoor, daar was nie veel werk om te kry nie en geld het min waarde gehad.

Mam was vyf jaar getroud gewees (geen kinders gehad nie) en was onder sensuur oor haar egscheiding, daarom kon hulle daardie tyd nie in die kerk getrou het nie.
Om die kinders te laat doop moes hulle voor de hele gemeente "boetedoening" doen.

Pappa kry toe werk by Hazemeyer in Hengelo ('n wapenfabriek), en Mam was 'n verpleegster.

Ouma Mastenbroek wou haar seun nie laat trou tot sy eendag nie meer lewe nie, en was baie teen sy voorgenome troue met 'n geskeide vrou - ons het haar eintlik nie geken nie.
Daar was omtrent geen kontak met haar behalwe per brief met Pappa. Ons, haar kleinkinders, het haar eintlik vir die eerste keer bewus gesien toe ons op 'n fietstoer van Heerenveen-om-die-IJselmeer-na-Haarlem by haar in Harderwijk 'n naggie oorgeslaap het.

Gaan nou na "Hengelo"